PAARL SPCA

 PAARL DBV

Dit is altyd vir die SPCA/DBV 'n vreugde om 'n dier aan iemand te gee wat hom baie liefde en aandag sal gee en waar hy 'n 2de kans op 'n gelukkige lewe sal kry. 

Maar die SPCA/DBV is nogsteeds streng as dit kom by die aanneem van 'n dier.  

Dis belangrik dat u huis en erf geskik is om die troeteldier te huisves.  As u 'n dier wil aanneem sal u 'n aansoek vorm vir aanneeming moet kom invul.  Ons Inspekteur sal dan uitkom na u woning om seker te maak dat dit geskik is vir die troeteldier wat u wil aanneem.  As ons Inspekteur u woning goedkeur, kan u net inkom en u troeteldier kom aanneem.

Onthou:

  • U troeteldier sal gesteriliseer en inge├źnt word
  • Jou troeteldier ontvang ook 'n SPCA/DBV naamplaatjie
  • 'n Fooi sal hiervoor gevra word.
  • Die rede hoekom ons streng moet wees, is omdat baie van ons diere uit huise kom waar die eienaar nie voldoen het aan al die vereistes nie.